Aantekeningen |
- Joachim Johannes Nicolaas KRUGER 1905.02.21-1990.06.25 gebore te plaas Cyferpan, Lichtenburg, oorlede te
Pretoria. Deur familie Hannes genoem, ander persone Oom Japie.
Studeer te ?Transvaal University College/Transvaal Universiteits Kollege?, wat tydens sy studies Universiteit
Pretoria geword het, vandaar die naam ?Tukkies?. Studeer tot op vlak M.Ed., tesis 1932: ?Die Onderwys van
Omgewingsaardryksunde? 290 bladsye. Eers onderwyser Ermelo en daarna in Pretoria, Laerskool President Kruger
en later Hoof, Pretoria-Noord Ho?rskool Pretoria 1946-1966.
President Suid-Afrikaanse Amateur Atletiek-Unie (SAAAU) 1957-1959, en vir baie jare nog baanbeampte. Daar was
nog tot na 1980 ?n atletiekbyeenkoms te Pilditch, Pretoria genoem die ?Japie Kruger-Skild Byeenkoms?, waar die
kompetiese nie individueel was nie maar in spanverband.
Hy dien ook in verskeie Onderwysverenigings en Kultuurorganisasies.
Begrawe op 1990-06.28 te Pretoria deur Ds. M.J. Swart, uit NG Kerk Arcadia, Pretoria .
|